Jy is in 'n rolstoel, ou maat Moet dit nimmermeer vergeet Al is dit nie jou skuld nie Jy word maar altyd daaraan geweet Jy mag aan bitter min deelneem Wees maar dankbaar vir wat jy het Jy sal baie tweede kom Dis amper maar 'n wet Die samelewing verkies twee bene Wat sterk goeters kan dra Jy in jou rolstoel daar Ons lewe maar net saam Wees bly ons neem nie jou lewe (nie) Dis tog so kosbaar Al kan jy boggerol doen En tog vir als betaal Dis maar 'n kakkerige lewe, ou pel Aanvaar dit maar soos dit is Om daar teen te baklei Is om teen 'n oseaan te pis
Miljoene klein teeltjies In 'n digkuns mosaïek Dis hoe ek my werk sien Dis mos glad nie eksentriek (nie)? Elke strofe skyn 'n Ander skakering van kleur En soos 'n klomp klein korreltjies Kan dit die lewe geur Soveel onsigbare boeie Wat my elke dag vasvang Wil ek een vir een nou afsny En my bevry van enige dwang Om in my geesteswêreld Vry rond te beweeg En enige plek heen te kan gan Orals te oorleef Ek wil suid eers hardloop Noord as ek wou Die ooste in my arms vat Die weste ver weg hou Die pad wat ek nou aandurf Kan baie vrugte pluk En so skryf ek dan bietjie bietjie Terwyl ek my koffie sluk