Skip to main content

Posts

Gestremd

Jy is in 'n rolstoel, ou maat Moet dit nimmermeer vergeet Al is dit nie jou skuld nie Jy word maar altyd daaraan geweet Jy mag aan bitter min deelneem Wees maar dankbaar vir wat jy het Jy sal baie tweede kom Dis amper maar 'n wet Die samelewing verkies twee bene Wat sterk goeters kan dra Jy in jou rolstoel daar Ons lewe maar net saam Wees bly ons neem nie jou lewe (nie) Dis tog so kosbaar Al kan jy boggerol doen En tog vir als betaal Dis maar 'n kakkerige lewe, ou pel Aanvaar dit maar soos dit is Om daar teen te baklei Is om teen 'n oseaan te pis
Recent posts

Die proses

Miljoene klein teeltjies In 'n digkuns mosaïek Dis hoe ek my werk sien Dis mos glad nie eksentriek (nie)? Elke strofe skyn 'n Ander skakering van kleur En soos 'n klomp klein korreltjies Kan dit die lewe geur Soveel onsigbare boeie Wat my elke dag vasvang Wil ek een vir een nou afsny En my bevry van enige dwang Om in my geesteswêreld Vry rond te beweeg En enige plek heen te kan gan Orals te oorleef Ek wil suid eers hardloop Noord as ek wou Die ooste in my arms vat Die weste ver weg hou Die pad wat ek nou aandurf Kan baie vrugte pluk En so skryf ek dan bietjie bietjie Terwyl ek my koffie sluk

Emosionele eiers

Ander mense se harte Is soos eiers op 'n strand As jy nie kyk waar jou loop nie Sal die binnekant buite brand Mens is tog so versigtig Om nie enetjie te breek (nie) En dan die inhoud daarvan Op die sandjies oop te spleet Ek wil my emosies brei Soos deeg in bekwame hande En dan mooi broodjies bak Om oop te sny met konfyt, of iets anders Dis nie verkeerd (nie) Om meer ingestel te wees Op ander se emosies En jou eie te vergeet Dis net baie ongemaklik Om heeltyd so te koes Om nie soos 'n briesende bul Die grense te kan toets [Nog nie klaar nie]

Produktief

As mens elke dag tien gedigte In die gedagtesfeer in kon stuur Sou mens waarskynlik so gekonfyt wees En 'n digtersloopbaan lank duur Om 'n gedagtegang te verwoord In klanke wat dan rym Is baie baie nuttig En niemand moet dit versuim So sal ek dan oefen Om dit goed reg te kry En eendag sal ek belangrike kwessies Uit die weg uit ruim Tot dan toe tik ek vlytig aan Todat die woorde vloei En hier op die papier My digtershart uit bloei

Gedigte

Ek saai my woorde oral Op almal wat wil hoor Party sal die rym ervaar Vir ander selfs bekoor Vier reëls per strofe Sommer baie eenvoudig en gewoon Die wysheid hier verborge Glad nie goed vertoon (nie) Ek vervang die nuusberigte Met gedagtes uit my hart Voor ek my oë uitvee Is daar stellig dalk 'n mark Die waarheid kyk maar leepoog Met sere oral oor Dis nie 'n modelfoto nie Dis regtig net goor As jy wel wegkyk Sal jy mis wat jy moet sien En so kan jy dalk wegloop Van dit wat jy verdien Die duiwel klee homself Met aanloklike illussies Weerstaan maar telkemale Al voel jy ook hoe flussies Hier vou ek dan my skryftafel op Pak al my penne weg Môre is mos nog 'n dag Om kwelvrae te besleg

Werk

Mens sit so by die werk En wonder wat van jou lewe Kon jy nie meer bereik het nie? Kon jy nie meer gevorder het nie? Die antwoord is nie maklik nie Mens loop 'n pad en maak keuses Party is goed ander is nie Die geheim is om te leer uit slegte keuses En goeie keuses te waardeer Lank terug was die Eden 'n vrugteboord Ons is intussen verban En ons beitel 'n bestaan uit So goed ons menslik kan Kon jy meer bereik het? Beslis ja Kon jy verder gevorder het? Sonder twyfel Wou jy meer tyd insit? Wou jy 'n groter prys betaal? Waarskynlik nie Ons maak keuses Ons moet leer om die gevolge te aanvaar Dalk selfs te waardeer? Kom ons probeer