Skip to main content

Werk

Mens sit so by die werk
En wonder wat van jou lewe
Kon jy nie meer bereik het nie?
Kon jy nie meer gevorder het nie?

Die antwoord is nie maklik nie
Mens loop 'n pad en maak keuses
Party is goed ander is nie
Die geheim is om te leer uit slegte keuses
En goeie keuses te waardeer

Lank terug was die Eden 'n vrugteboord
Ons is intussen verban
En ons beitel 'n bestaan uit
So goed ons menslik kan

Kon jy meer bereik het? Beslis ja
Kon jy verder gevorder het? Sonder twyfel
Wou jy meer tyd insit?
Wou jy 'n groter prys betaal?
Waarskynlik nie

Ons maak keuses
Ons moet leer om die gevolge te aanvaar
Dalk selfs te waardeer?
Kom ons probeer

Comments