Skip to main content

Die proses

Miljoene klein teeltjies
In 'n digkuns mosaïek
Dis hoe ek my werk sien
Dis mos glad nie eksentriek (nie)?

Elke strofe skyn
'n Ander skakering van kleur
En soos 'n klomp klein korreltjies
Kan dit die lewe geur

Soveel onsigbare boeie
Wat my elke dag vasvang
Wil ek een vir een nou afsny
En my bevry van enige dwang

Om in my geesteswêreld
Vry rond te beweeg
En enige plek heen te kan gan
Orals te oorleef

Ek wil suid eers hardloop
Noord as ek wou
Die ooste in my arms vat
Die weste ver weg hou

Die pad wat ek nou aandurf
Kan baie vrugte pluk
En so skryf ek dan bietjie bietjie
Terwyl ek my koffie sluk

Comments