Ander mense se harte
Is soos eiers op 'n strand
As jy nie kyk waar jou loop nie
Sal die binnekant buite brand
Mens is tog so versigtig
Om nie enetjie te breek (nie)
En dan die inhoud daarvan
Op die sandjies oop te spleet
Ek wil my emosies brei
Soos deeg in bekwame hande
En dan mooi broodjies bak
Om oop te sny met konfyt, of iets anders
Dis nie verkeerd (nie)
Om meer ingestel te wees
Op ander se emosies
En jou eie te vergeet
Dis net baie ongemaklik
Om heeltyd so te koes
Om nie soos 'n briesende bul
Die grense te kan toets
[Nog nie klaar nie]
Comments
Post a Comment